proesel [boodskap #142527] |
Di, 11 Julie 2023 12:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
proesel
Afbreking: proe•sel
Samestelling: proe + -sel
Selfstandige naamwoord: proesel
Meervoud: proesels
Verkleinwoord: proeseltjie
Meervoud van verkleining: proeseltjies
Betekenis:
• 'n Stukkie om te proe hoe iets smaak.
• (figuurlik) 'n Voorsmaak van iets.
Gebruik:
• Die kelner gooi eers 'n proesel wyn in sy glas.
• Die snit is net 'n proesel van wat op die album beskikbaar is.
Sinoniem:
• happie
• porsie
• proestukkie
Vertaling:
Engels: taste, taster
Nederlands: voorproefje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|