Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kardinaal
kardinaal [boodskap #142522] Tue, 11 July 2023 09:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kardinaal
Afbreking: kar•di•naal


Byvoeglike naamwoord: kardinaal
Attributief: kardinale

Betekenis:
• Wat baie belangrik/ vernaam is.

Gebruik:
• Die projek is van kardinale belang vir ons voortbestaan.

Sinoniem:
• grootste
• opperste
• vernaamste

Afgelei:
• kardinaalgetal

Vertaling:
Engels: cardinal
Nederlands: kardinaal


Selfstandige naamwoord: kardinaal
Meervoud: kardinaals, kardinale
Verkleinwoord: kardinaaltjie
Meervoud van verkleining: kardinaaltjies

Betekenis:
• 'n Hooggeplaaste geestelike in die hiërargie van die Rooms-Katolieke Kerk.

Gebruik:
• Die pous het 22 nuwe kardinale benoem.

Afgelei:
• kardinaalsbenoeming
• kardinaalbiskop
• kardinaaldiaken
• kardinaalpriester
• kardinaalsgewaad
• kardinaalshoed
• kardinaalskruis
• kardinaalsmantel
• kardinaalsmus
• kardinaalrooi
• kardinaalskap
• kardinaalswaardigheid
• kardinaalswapen

Afkorting:
• kard.

Vertaling:
Engels: cardinal
Nederlands: kardinaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: binnenshuis
Volgende onderwerp: omval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 14:37:34 UTC 2025