konstruksie [boodskap #142517] |
Mon, 10 July 2023 17:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konstruksie
Afbreking: kon•struk•sie
Selfstandige naamwoord: konstruksie
Meervoud: konstruksies
Betekenis:
• Die proses waartydens iets van onderdele gebou word.
• 'n Voorwerp wat uit onderdele opgebou is.
Gebruik:
• Die boumaatskappy is besig met die konstruksie van 'n nuwe wolkekrabber.
• Deur die konstruksie van 'n sin te verander, kan 'n heeltemal nuwe betekenis aan 'n sin gegee word.
Sinoniem:
• bouwerk
• maaksel
• opstelling
• samestelling
• struktuur
Hiponiem:
• betonkonstruksie
• boukonstruksie
• gewelfkonstruksie
• infinitiefkonstruksie
• modelkonstruksie
• padkonstruksie
• oorkonstruksie
• rekonstruksie
• sinskonstruksie
• steenkonstruksie
Afgelei:
• konstruksiedeel
• konstruksiefout
• konstruksiekoste
• konstruksiespan
• konstruksietekening
• konstruksiewerk
• konstruksiewerker
• konstruksiewerf
Verwant:
• konstrueer
• konstruktief
Vertaling:
Engels: construction
Nederlands: constructie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|