waarnemer [boodskap #142515] |
Mon, 10 July 2023 16:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waarnemer
Afbreking: waar•ne•mer
Samestelling: waarneem + -er
Selfstandige naamwoord: waarnemer
Meervoud: waarnemers
Verkleinwoord: waarnemertjie
Meervoud van verkleining: waarnemertjies
Betekenis:
• Iemand wat iets met die sintuie waarneem; gade slaan.
• Iemand wat instaan; tydelik oorvat.
• Iemand wat by 'n gebeurtenis aanwesig is om toesig te hou.
Gebruik:
• Wanneer 'n satelliet se snelheid gelyk is aan die aarde se draaisnelheid sal dit vir 'n waarnemer lyk of die satelliet stilstaan.
• Ons sal 'n waarnemer aanstel om uit te help terwyl jy op kraamverlof is.
• Die Verenigde Nasies het waarnemers gestuur om toesig oor die verkiesing te hou.
Sinoniem:
• aanskouer
• getuie
• kyker
• ooggetuie
• opmerker
• toekyker
• toeskouer
• plaasvervanger
• verteenwoordiger
Afgelei:
• lugwaarnemer
• saakwaarnemer
• treinwaarnemer
• voëlwaarnemer
Vertaling:
Engels: observer, spotter; substitute; representative
Nederlands: waarnemer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|