aftrek [boodskap #142511] |
Mon, 10 July 2023 12:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aftrek
Afbreking: af•trek
Samestelling: af + trek
Werkwoord: trek af, aftrek
Verlede tyd: het afgetrek
Betekenis:
• Om weg of ondertoe te trek.
• Om te verminder; dekrementeer.
• Om die aandag weg te lei.
• Om 'n vuurwapen af te vuur; afvuur.
• Om na te teken; natrek.
Gebruik:
• Hy trek sy broek af. Die verkeerskonstabel het die motor afgetrek.
• Trek 3 van 7 af.
• Sy het my aandag afgetrek.
• Die jagter het twee skote afgetrek.
• Kan ek jou skets aftrek?
Afgelei:
• aftrekgetal
• aftrekker
• aftrekking
• aftrekorder
• aftrekpapier
• aftreksel
• aftreksom
• aftrektal
• aftrekteken
Vertaling:
Engels: to pull down, pull away, pull off; to deduct, subtract; to divert; to fire, pull the trigger; to draw after
Nederlands: aftrekken
Selfstandige naamwoord: aftrek
Meervoud: aftrekke
Betekenis:
• Aanvraag of omset.
• 'n Natekening; iets wat nagetrek/afgeteken is.
Gebruik:
• Ons stalletjie het goeie aftrek gekry.
Vertaling:
Engels: demand, attention, turnaround
Nederlands: aftrek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|