ontleder [boodskap #142508] |
Mon, 10 July 2023 09:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontleder
Afbreking: ont•le•der
Samestelling: ontleed + -er
Selfstandige naamwoord: ontleder
Meervoud: ontleders
Verkleinwoord: ontledertjie
Meervoud van verkleining: ontledertjies
Betekenis:
• Iets of iemand wat ontleed.
Gebruik:
• Die politieke ontleders het soos oudergewoonte die president staatsrede uitmekaar getrek.
Sinoniem:
• analis
• analiseerder
• analitikus
Afgelei:
• data-ontleder
• besigheidsontleder
• gasontleder
• risiko-ontleder
• sinsontleder
• taalontleder
Vertaling:
Engels: analyst, analyzer
Nederlands: ontleder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|