Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewas
gewas [boodskap #142501] Sun, 09 July 2023 20:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewas
Afbreking: ge•was


Selfstandige naamwoord: gewas
Meervoud: gewasse
Verkleinwoord: gewassie
Meervoud van verkleining: gewassies

Betekenis:
• (landbou) 'n Plant wat deur die mens verbou word om te oes.
• (medies) 'n Oormatige plaaslike weefselgroei.

Gebruik:
• Mielies is die belangrikste gewas wat is die Vrystaat verbou word.
• Die dokter probeer bepaal of die gewas goedaardig of kwaadaardig is.

Hiponiem:
• dekgewas
• bolgewas
• graangewas
• groentegewas
• hooigewas
• knolgewas
• misgewas
• peulgewas
• somergewas
• stapelgewas
• struikgewas
• tuingewas
• veldgewas
• voergewas
• wintergewas
• beengewas
• breingewas
• kankergewas
• kliergewas
• niergewas

Afgelei:
• gewasboerdery
• gewaskunde

Vertaling:
Engels crop; growth, tumor
Nederlands gewas


Werkwoord: was
Verlede tyd: het gewas
Teenwoordige deelwoord: wassende
Verlede deelwoord: gewaste

Betekenis:
• Verlede tyd was was; met 'n vloeistof skoongemaak; gereinig.

Gebruik:
• Het jy jou hande gewas?

Spreekwoord:
• Sy kop word gewas. [Iemand goed berispe.]
• Waar jy nie self by is nie, word jou gesig nie gewas nie. [Bly by jou goed as jy nie skade wil hê nie.]

Afgelei:
• afgewas
• ingewas
• ongewas
• opgewas
• uitgewas

Vertaling:
Engels: washed
Nederlands: gewassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: honne
Volgende onderwerp: uitgrou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 01:54:49 UTC 2024