peul [boodskap #142497 ]
So., 09 Julie 2023 17:22
Leksikograaf
Boodskappe: 26354Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Sade in 'n ertjiepeul.
peul
Afbreking: peul
Selfstandige naamwoord: peul
Meervoud: peule
Verkleinwoord: peultjie
Meervoud van verkleining: peultjies
Betekenis:
• 'n Langwerpige omhulsel met twee kleppe wat 'n ry sade bevat en oopbars as dit droog word.
• 'n Soort onderkussing oor die breedte van 'n bed; worskussing.
Gebruik:
• Die verlore seun het gewens hy kon van die peule eet wat die varke gevreet het, maar niemand het vir hom daarvan gegee nie. [Lukas 15:16]
Hiponiem:
• boontjiepeul
• ertjiepeul
• kameelpeul
• saadpeul
• stinkpeul
Afgelei:
• peulagtig
• peuldraend
• peulgewas
• peulplant
• peulsiekte
• peulvormig
• peulvrug
Vertaling:
Engels: pod; under pillow
Nederlands: peul
Werkwoord: peul
Verlede tyd: het gepeul
Teenwoordige deelwoord: peulend , peulende
Verlede deelwoord: gepeulde
Betekenis:
• Om die sade uit te dop; uit die peule haal; uitdop.
• Om na buite toe uit te steek of uit te borrel; uitswel; uitbol.
Gebruik:
• Sy peul die ertjies.
• 'n Trapsuutjie se oë peul uit sy kop. Die kinders peul uit die klaskamers uit.
Afgelei:
• afpeul
• uitpeul
Vertaling:
Engels: to peal; to bulge, protrude
Nederlands: puilen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.