Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » peul
peul [boodskap #142497] Sun, 09 July 2023 17:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sade in 'n ertjiepeul.
Sade in 'n ertjiepeul.
peul
Afbreking: peul


Selfstandige naamwoord: peul
Meervoud: peule
Verkleinwoord: peultjie
Meervoud van verkleining: peultjies

Betekenis:
• 'n Langwerpige omhulsel met twee kleppe wat 'n ry sade bevat en oopbars as dit droog word.
• 'n Soort onderkussing oor die breedte van 'n bed; worskussing.

Gebruik:
• Die verlore seun het gewens hy kon van die peule eet wat die varke gevreet het, maar niemand het vir hom daarvan gegee nie. [Lukas 15:16]

Hiponiem:
• boontjiepeul
• ertjiepeul
• kameelpeul
• saadpeul
• stinkpeul

Afgelei:
• peulagtig
• peuldraend
• peulgewas
• peulplant
• peulsiekte
• peulvormig
• peulvrug

Vertaling:
Engels: pod; under pillow
Nederlands: peul


Werkwoord: peul
Verlede tyd: het gepeul

Betekenis:
• Om die sade uit te dop; uit die peule haal; uitdop.
• Om na buite toe uit te steek of uit te borrel; uitswel; uitbol.

Gebruik:
• Sy peul die ertjies.
• 'n Trapsuutjie se oë peul uit sy kop uit. Die kinders peul uit die klaskamers uit.

Afgelei:
• afpeul
• uitpeul

Vertaling:
Engels: to peal; to bulge, protrude
Nederlands: puilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanplant
Volgende onderwerp: bykomend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 01:56:28 UTC 2024