Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuimbesie
skuimbesie [boodskap #142486] Sat, 08 July 2023 18:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21035
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skuimbesie.
'n Skuimbesie.
Die skuim wat deur die insek se larwes afgeskei word.
Die skuim wat deur die insek se larwes afgeskei word.
skuimbesie
Afbreking: skuim•be•sie
Samestelling: skuim + besie


Selfstandige naamwoord: skuimbesie
Meervoud: skuimbesies

Betekenis:
• 'n Springende, plantetende insek wat se larwes 'n massa beskermende skuim afskei, Ptyelus grossus en verwante spesies.

Gebruik:
• Die huilboom het sy naam te danke aan die skuimbesie wat op die boom se lote saampak en 'n waterige vloeistof (slangspoeg genoem) afskei.

Sinoniem:
• spoegbesie

Hiperoniem:
• insek

Vertaling:
Engels: spittle bug, froghopper
Nederlands: schuimbeestje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontwapen
Volgende onderwerp: bontrokkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 14 16:03:12 UTC 2025