ontwapen [boodskap #142485] |
Sat, 08 July 2023 18:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21035 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontwapen
Afbreking: ont•wa•pen
Samestelling: ont- + wapen
Werkwoord: ontwapen
Verlede tyd: het ontwapen
Betekenis:
• Om wapens weg te vat.
• Om weerloos te maak; tot bedaring bring.
Gebruik:
• Die polisie het die aanvaller platgetrek en ontwapen.
• Hy was op die oorlogspad, maar haar glimlag het hom volkome ontwapen.
Afgelei:
• ontwapenaar
• ontwapende
• ontwapening
Vertaling:
Engels: to disarm; to pacify
Nederlands: ontwapenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|