Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skend
skend [boodskap #142483] Sat, 08 July 2023 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skend
Afbreking: skend


Werkwoord: skend
Verlede tyd: het geskend

Betekenis:
• Om iets te beskadig of te ontsier.
• (figuurlik) Om te onteer; nie nakom of in ag neem nie.

Gebruik:
• As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend. [1 Korinthiërs 3:17]
• Ingevolge die privaatreg kan 'n persoon wie se regte geskend is skadevergoeding eis.

Spreekwoord:
• Wie sy neus skend, skend sy aangesig. [Wie van familie kwaadpraat, deel self in die skande.]

Sinoniem:
• beskadig
• beswadder
• krenk
• ontheilig
• ontsier
• onteer
• skaad
• vermink
• verniel
• verontheilig

Afgelei:
• skendblad
• skendbrief
• skending
• skender

Vertaling:
Engels: to violate, deface, disfigure, mutilate, desecrate
Nederlands: schenden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: senuweegas
Volgende onderwerp: ontwapening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 01:38:07 UTC 2024