Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewelddadig
gewelddadig [boodskap #142479] Sa, 08 Julie 2023 10:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewelddadig
Afbreking: ge•weld•da•dig
Samestelling: gewelddaad + -ig


Byvoeglike naamwoord: gewelddadig
Vergrotende trap: gewelddadiger
Oortreffende trap: gewelddadigste
Attributief: gewelddadige
Partitief: gewelddadigs

Betekenis:
• Met of deur baie geweld.

Gebruik:
• Die boer is op gewelddadige wyse op sy plaas vermoor.

Sinoniem:
• aggressief
• barbaars
• bloeddorstig
• brutaal
• hardhandig
• wreed

Antoniem:
• geweldloos
• vredeliewend

Afgelei:
• gewelddadigheid
• gewelddadiglik

Vertaling:
Engels: violent, violently
Nederlands: gewelddadig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Kalifornië
Volgende onderwerp: nagevolg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 23:56:23 MGT 2024