drang [boodskap #142470] |
Fri, 07 July 2023 12:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drang
Afbreking: drang
Selfstandige naamwoord: drang
Meervoud: drange
Verkleinwoord: drangetjie
Meervoud van verkleining: drangetjies
Betekenis:
• 'n Sterk neiging, begeerte, behoefte, ens. na iets.
• Die handeling van dring (om druk uit te oefen); aandrang.
Gebruik:
• Alle lewende wesens het 'n drang om te wil lewe.
• Onder drang van omstandighede moes daar van meer ingrypende uitbreidings afgesien word.
Sinoniem:
• aptyt
• begeerte
• honger
• hunkering
• impuls
• lus
• smagting
• verlange
• wellus
Afgelei:
• geldingsdrang
• kennisdrang
• kuddedrang
• lewensdrang
• seksdrang
• skeppingsdrang
• speeldrang
• versameldrang
Vertaling:
Engels: urge, longing, impulse
Nederlands: drang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|