opmerk [boodskap #142441] |
Wed, 05 July 2023 13:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opmerk
Afbreking: op•merk
Samestelling: op + merk
Werkwoord: merk op, opmerk
Verlede tyd: het opgemerk
Betekenis:
• Om iets raak te sien; daarvan bewus te word.
• Om 'n aanmerking te maak om iemand se aandag op iets te vestig.
Gebruik:
• Sy merk dadelik op dat die man se kouse nie by sy broek pas nie.
• Hy het in die verbyloop opgemerk dat my skoen se veter los is.
Spreekwoord:
• Die balk in jou eie oog nie opmerk nie. [Jou eie foute nie raaksien nie.]
Sinoniem:
• bekyk
• bespeur
• bespied
• gadeslaan
• raaksien
• waarneem
• bekendmaak
• noem
• vermeld
• sê
Afgelei:
• opmerkbaar
• opmerker
• opmerking
• opmerklik
• opmerksaam
Vertaling:
Engels: to notice, observe; to remark
Nederlands: opmerken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|