seepkis [boodskap #142435] |
Tue, 04 July 2023 20:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seepkis
Afbreking: seep•kis
Samestelling: seep + kis
Selfstandige naamwoord: seepkis
Meervoud: seepkiste
Verkleinwoord: seepkissie
Meervoud van verkleining: seepkissies
Betekenis:
• 'n Houtkrat waarin seep bewaar of verskeep word.
• (figuurlik) 'n Platform vanwaar iemand mense toespreek of 'n opinie lug.
Gebruik:
• In die ou dae het sprekers op 'n leë seepkis geklim om mense toe te spreek.
• Ag, klim van jou seepkissie af!
Sinoniem:
• rostrum
Afgelei:
• seepkisredenaar
Vertaling:
Engels: soap box
Nederlands: zeepkist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|