ontstellend [boodskap #142434] |
Di, 04 Julie 2023 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontstellend
Afbreking: ont•stel•lend
Samestelling: ontstel + -end
Byvoeglike naamwoord: ontstellend
Vergrotende trap: ontstellender
Oortreffende trap: ontstellendste
Attributief: ontstellende
Partitief: ontstellends
Betekenis:
• Wat 'n mens ontstel; so erg is dat 'n mens dit kwalik kan glo.
Gebruik:
• Plaasaanvalle is aan die toeneem en die wreedheid van die aanvalle is ontstellend.
Sinoniem:
• angswekkend
• ergerlik
• ontnugterend
• onrusbarend
• sieltergend
• skokkend
• skrikwekkend
• verontrustend
• verskriklik
• vreeslik
• walglik
Vertaling:
Engels: frightening, alarming
Nederlands: ontstellend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van ontstel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|