Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergiftiging
vergiftiging [boodskap #142419] Ma, 03 Julie 2023 15:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergiftiging
Afbreking: ver•gif•ti•ging
Samestelling: vergiftig + -ing


Selfstandige naamwoord: vergiftiging
Meervoud: vergiftiginge, vergiftigings

Betekenis:
• Die handeling van vergiftig, om gif in te kry.

Gebruik:
• Die kransaasvoël se voortbestaan word weens vergiftiging bedreig.

Sinoniem:
• intoksikasie
• vergifting

Hiponiem:
• alkoholvergiftiging
• arseenvergiftiging
• bloedvergiftiging
• dermvergiftiging
• fosforvergiftiging
• gasvergiftiging
• kafeïenvergiftiging
• karbolsuurvergiftiging
• kinienvergiftiging
• kwikvergiftiging
• loodvergiftiging
• nikotienvergiftiging
• oestervergiftiging
• selfvergiftiging
• silwervergiftiging
• swangerskapvergiftiging
• visvergiftiging
• vleisvergiftiging
• voedselvergiftiging

Afgelei:
• vergiftigingsdood
• vergiftigingsverskynsel
• vergiftigingswaan

Vertaling:
Engels: poisoning
Nederlands: vergiftiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergiftig
Volgende onderwerp: monargie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 18:10:21 MGT 2024