inhegtenisneming [boodskap #142417] |
Mon, 03 July 2023 15:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inhegtenisneming
Afbreking: in•heg•te•nis•ne•ming
Samestelling: in + hegtenis + neem + -ing
Selfstandige naamwoord: inhegtenisneming
Meervoud: inhegtenisnemings
Betekenis:
• Die handeling van in hegtenis neem.
Gebruik:
• As 'n verdagte hom teen inhegtenisneming verset, kan die polisie redelike geweld gebruik om hom in hegtenis te neem.
Wisselvorm:
• inhegtenisname
Sinoniem:
• arrestasie
• gevangeneming
• opsluiting
Antoniem:
• vrylating
Vertaling:
Engels: apprehension, arrest
Nederlands: inhechtenisneming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|