Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbrand
verbrand [boodskap #142407] Sa, 01 Julie 2023 19:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbrand
Afbreking: ver•brand
Samestelling: ver- + brand


Werkwoord: verbrand
Verlede tyd: het verbrand
Verlede deelwoord: verbrande

Betekenis:
• Om deur vuur of hitte verteer te word.

Gebruik:
• Die ketters is om 'n paal vasgebind en verbrand.

Spreekwoord:
• Hy verbrand sy vingers. [Onwetend 'n fout maak en daarvoor boet.]
• Haastige hond verbrand sy mond. ['n Mens moenie oorhaastig optree nie.]
• Beter hard geblaas, as die mond verbrand. ['n Mens moet maar altyd versigtig wees.]
• Sy skepe agter hom verbrand. [Hom die moontlikheid om terug te keer, ontneem; 'n onherroeplike stap doen.]
• As bobbejaan sy stert verbrand, byt hy sy baas. [As iemand 'n fout begaan, blameer hy dikwels iemand anders.]

Sinoniem:
• verkool
• verseng
• verskroei

Afgelei:
• verbranding

Vertaling:
Engels: to burn
Nederlands: verbranden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorkeer
Volgende onderwerp: ontplooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 23:17:49 MGT 2024