voorkeer [boodskap #142406] |
Sa, 01 Julie 2023 19:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorkeer
Afbreking: voor•keer
Samestelling: voor + keer
Werkwoord: keer voor, voorkeer
Verlede tyd: het voorgekeer
Betekenis:
• Om voortbeweging te stop of te verhinder.
Gebruik:
• As jy te vinnig ry gaan 'n verkeerskonstabel jou voorkeer en jou beboet.
Sinoniem:
• aankeer
• afkeer
• afsny
• blokkeer
• stop
• stuit
• teenhou
• vastrek
Vertaling:
Engels: to stop, bar, block
Nederlands: afkeren
Nota:
• Moenie "voorkeer" met "voorkeur" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|