huurmotor [boodskap #142405] |
Sa, 01 Julie 2023 18:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
huurmotor
Afbreking: huur•mo•tor
Samestelling: huur + motor
Selfstandige naamwoord: huurmotor
Meervoud: huurmotors
Verkleinwoord: huurmotortjie
Meervoud van verkleining: huurmotortjies
Betekenis:
• 'n Motor wat 'n mens huur om self te bestuur.
• 'n Motor met 'n eie bestuurder wat 'n mens teen betaling êrens heen neem.
Gebruik:
• Ons vlieg Kaap toe en sal daar 'n huurmotor kry om die plek te verken.
• Sy neem 'n huurmotor na die lughawe.
Sinoniem:
• huurvoertuig
• taxi
Afgelei:
• huurmotorbestuurder
• huurmotordiens
Vertaling:
Engels: rental car; taxi, cab
Nederlands: huurauto; taxi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|