musiekgroep [boodskap #142390] |
Sa, 01 Julie 2023 07:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
musiekgroep
Afbreking: mu•siek•groep
Samestelling: musiek + groep
Selfstandige naamwoord: musiekgroep
Meervoud: musiekgroepe
Verkleinwoord: musiekgroepie
Meervoud van verkleining: musiekgroepies
Betekenis:
• 'n Groep musikante wat saam sing en/of musiek maak.
Gebruik:
• Adam is 'n Afrikaanse musiekgroep wat deur Reynardt Hugo, Kyle Grant en Hugo Ludik gestig is.
Sinoniem:
• musiekgeselskap
Hiponiem:
• ensemble
• koor
• popgroep
• orkes
Vertaling:
Engels: music group, band
Nederlands: muziekgroep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|