korporaal [boodskap #142389] |
Vr, 30 Junie 2023 20:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korporaal
Afbreking: kor•po•raal
Selfstandige naamwoord: korporaal
Meervoud: korporale
Verkleinwoord: korporaaltjie
Meervoud van verkleining: korporaaltjies
Betekenis:
• 'n Militêre rang; onderoffisier onder 'n sersant, maar bo 'n soldaat.
Gebruik:
• Die soldate staan op aandag terwyl die korporaal inspeksie hou.
Afgelei:
• onderkorporaal
• korporaalskap
• korporaalstrepe
Afkorting:
• kpl.
Vertaling:
Engels: corporal
Nederlands: korporaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|