beskermer [boodskap #142387] |
Vr, 30 Junie 2023 20:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beskermer
Afbreking: be•sker•mer
Samestelling: beskerm + -er
Selfstandige naamwoord: beskermer
Meervoud: beskermers
Verkleinwoord: beskermertjie
Meervoud van verkleining: beskermertjies
Betekenis:
• Iets of iemand wat oppas en beskerm.
Gebruik:
• God wat die opregtes help, is my beskermer.
Sinoniem:
• bewaarder
• herder
• hoeder
• oppasser
Hiponiem:
• jasbeskermer
• kettingbeskermer
• kunsbeskermer
• moubeskermer
• rokbeskermer
• skermbeskermer
• vredebeskermer
Vertaling:
Engels: protector, defender
Nederlands: beschermer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|