opdoen [boodskap #142383] |
Vr, 30 Junie 2023 17:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opdoen
Afbreking: op•doen
Samestelling: op + doen
Werkwoord: doen op, opdoen
Verlede tyd: het opgedoen
Betekenis:
• Om iets te verwerf.
• Om iets te kry waarvoor jy nie gevra het nie.
• Om mooier te maak; opmaak; verfraai.
Gebruik:
• Hy werk verniet om ervaring op te doen.
• As jy in die koue speel, gaan jy 'n verkoue opdoen.
• Sy het haar hare opgedoen.
Afgelei:
• opdoening
Vertaling:
Engels: to acquire; to contract, catch; to do up
Nederlands: opdoen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|