sonpaneel [boodskap #142377] |
Vr, 30 Junie 2023 09:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonpaneel
Afbreking: son•pa•neel
Samestelling: son + paneel
Selfstandige naamwoord: sonpaneel
Meervoud: sonpanele
Verkleinwoord: sonpaneeltjie
Meervoud van verkleining: sonpaneeltjies
Betekenis:
• Toestel wat die strale van die son in elektrisiteit omskep; fotovoltaïese paneel.
Gebruik:
• Met al die beurtkrag help dit om so 'n paar sonpanele op die dak te sit.
Vertaling:
Engels: solar panel
Nederlands: zonnepaneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|