meeding [boodskap #142368] |
Do, 29 Junie 2023 19:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meeding
Afbreking: mee•ding
Samestelling: mee + ding
Werkwoord: ding mee, meeding
Verlede tyd: het meegeding
Betekenis:
• Om saam met ander te probeer om iets te bereik of in die hande te kry.
Gebruik:
• Tien spanne sal tydens die toernooi om die trofee meeding.
Sinoniem:
• kompeteer
• konkurreer
• opponeer
• wedywer
Afgelei:
• meedinging
• meedinger
• meedingster
Vertaling:
Engels: to compete, rival
Nederlands: meedingen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|