teokrasie [boodskap #142296] |
Sun, 25 June 2023 19:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teokrasie
Afbreking: teo•kra•sie
Afbreking: te•o•kra•sie
Selfstandige naamwoord: teokrasie
Meervoud: teokrasieë
Betekenis:
• 'n Regeringsvorm waarin die mag in die hande van 'n kerk of godheid gesetel is.
Gebruik:
• Die Vatikaan en Iran is voorbeelde van moderne teokrasieë.
Sinoniem:
• godsregering
• kerkheerskappy
• kerkregering
Verwant:
• teokraties
Vertaling:
Engels: theocracy
Nederlands: theocratie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|