amfibie [boodskap #142284] |
Sa, 24 Junie 2023 08:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
amfibie
Afbreking: am•fi•bie
Selfstandige naamwoord: amfibie
Meervoud: amfibieë
Betekenis:
• 'n Gewerwelde dier met vier bene wat in die water en op land leef, klas Amphibia.
Gebruik:
• Amfibieë word uit eiers gebore en lewe aanvanklik in die water, waarna hulle van gedaante verander en op land leef.
Hiponiem:
• molg
• padda
• salamander
• wurmsalamander
Afgelei:
• amfibies
• amfibietenk
• amfibievliegtuig
Vertaling:
Engels: amphibian
Nederlands: amfibie
Nota:
• Van Grieks, amphi, "twee" en bios, "lewe".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|