brosheid [boodskap #142271] |
Do, 22 Junie 2023 19:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brosheid
Afbreking: bros•heid
Samestelling: bros + -heid
Selfstandige naamwoord: brosheid
Meervoud: broshede
Betekenis:
• Die toestand van bros wees. Die eienskap van 'n materiaal om maklik te breek, sonder om te buig.
Gebruik:
• Die staal word met hitte behandel om die brosheid daarvan te verminder.
Sinoniem:
• krummelrigheid
• vergruisbaarheid
• verpoeierbaarheid
Antoniem:
• duktiliteit
• taaiheid
Hiponiem:
• koudbrosheid
• loogbrosheid
• suurbrosheid
• warmbrosheid
Afgelei:
• brosheidstoets
Vertaling:
Engels: brittleness, crumblyness, embrittlement
Nederlands: brosheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|