nagstoel [boodskap #142270] |
Thu, 22 June 2023 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nagstoel
Afbreking: nag•stoel
Samestelling: nag + stoel
Selfstandige naamwoord: nagstoel
Meervoud: nagstoele
Verkleinwoord: nagstoeltjie
Meervoud van verkleining: nagstoeltjies
Betekenis:
• Meubelstuk vir 'n slaapkamer met 'n pot waarin iemand sy behoefte kan doen.
Gebruik:
• As dit vir 'n persoon moeilik raak om in die nag by die toilet te kom, kan 'n nagstoel nuttig wees.
Sinoniem:
• kommode
Vertaling:
Engels: commode chair, night chair
Nederlands: nachtstoel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|