Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beraad
beraad [boodskap #142261] Thu, 22 June 2023 13:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
beraad
Afbreking: be•raad
Samestelling: be- + raad


Selfstandige naamwoord: beraad
Meervoud: berade
Verkleinwoord: beraadjie
Meervoud van verkleining: beraadjies

Betekenis:
• 'n Byeenkoms waar gekonsulteer en sake uitgepraat word.

Gebruik:
• Staatshoofde van talle lande het bevestig dat hulle die internasionale beraad sal bywoon.

Spreekwoord:
• Na rype beraad. [Na deeglike oorweging.]

Sinoniem:
• byeenkoms
• indaba
• konferensie
• onderhandeling
• raadpleging
• samespreking
• vergadering

Hiponiem:
• gesinsberaad
• groepsberaad
• huweliksberaad
• klimaatberaad
• krisisberaad
• ministersberaad
• spitsberaad

Afgelei:
• beraadslaag
• beraadslaging

Vertaling:
Engels: consideration, consultation, deliberation
Nederlands: beraad, overleg, conferentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: indeks
Volgende onderwerp: grasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 17:26:36 UTC 2024