Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » interdik
interdik [boodskap #142257] Thu, 22 June 2023 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
interdik
Afbreking: in•ter•dik


Selfstandige naamwoord: interdik
Meervoud: interdikte

Betekenis:
• 'n Geregtelike verbod wat iets verbied.
• 'n Kerklike sensuur; interdiksie.

Gebruik:
• 'n Interdik is teen die opsweper bekom wat hom verbied om mense aan te hits om privaat eiendom te betree en te beset.
• Volgens 'n pouslike interdik mag hy nie die sakramente gebruik nie.

Sinoniem:
• ban
• skorsing
• tersydestelling
• verbod

Afgelei:
• hofinterdik

Vertaling:
Engels: injunction; interdict
Nederlands: interdict

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wetteloosheid
Volgende onderwerp: appèlaansoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 16:56:51 UTC 2024