toestaan [boodskap #142246] |
Wed, 21 June 2023 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toestaan
Afbreking: toe•staan
Samestelling: toe + staan
Werkwoord: staan toe, toestaan
Verlede tyd: het toegestaan
Betekenis:
• Om iets goed te keur of toe te laat (en nie te verbied nie).
Gebruik:
• Ek hoop dat die bank 'n lening aan my sal toestaan.
Sinoniem:
• endosseer
• inwillig
• magtig
• permitteer
• ratifiseer
• toelaat
• toestem
• vergun
• verleen
Vertaling:
Engels: to permit, allow, grant
Nederlands: toestaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|