terugslag [boodskap #142242] |
Wed, 21 June 2023 17:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugslag
Afbreking: te•rug•slag
Samestelling: terug + slag
Selfstandige naamwoord: terugslag
Meervoud: terugslae
Verkleinwoord: terugslaggie
Meervoud van verkleining: terugslaggies
Betekenis:
• Dis handeling van terugspring of terugklap.
• (figuurlik) Die nadelige gevolg van iets.
Gebruik:
• Hy voel die geweer se terugslag teen sy skouer.
• Die kankerlyer het nóg 'n terugslag beleef.
Sinoniem:
• terugdeinsing
• terugploffing
• terugsprong
• terugstoting
• weerslag
• bloedneus
• gatslag
• insinking
• knou
• neerlaag
• ramp
• rampspoed
• teenslag
Afgelei:
• terugslagklep
• terugslagveer
Vertaling:
Engels: recoil, return-stroke, back-fire; set-back
Nederlands: terugslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|