afpersing [boodskap #142238] |
Wo, 21 Junie 2023 14:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afpersing
Afbreking: af•per•sing
Samestelling: afpers + -ing
Selfstandige naamwoord: afpersing
Meervoud: afpersings, afpersinge
Verkleinwoord: afpersinkie
Meervoud van verkleining: afpersinkies
Betekenis:
• Die handeling van afpers. 'n Vorm van diefstal waar 'n persoon d.m.v. dreigemente oortuig word om iets self weg te gee.
Gebruik:
• Geen intimidasie, afpersing of omkopery deur metropolisielede sal geduld word nie.
Sinoniem:
• afdreiging
• uitsuiery
• vampirisme
Afgelei:
• geldafpersing
Vertaling:
Engels: blackmail, extortion
Nederlands: afpersing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|