verligting [boodskap #142236] |
Di, 20 Junie 2023 21:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verligting
Afbreking: ver•lig•ting
Samestelling: verlig(t) + -ing
Selfstandige naamwoord: verligting
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling om iets meer draaglik en minder swaar en maak.
• Die handeling om ligter (i.p.v. donkerder) te maak.
Gebruik:
• Die reën bring broodnodige verligting.
• Die kamer is donker omdat die verligting onvoldoende is.
Sinoniem:
• uitkoms
• vergemakliking
• verlossing
• versagting
• vertroosting
• beligting
• illuminasie
• opheldering
Antoniem:
• verergering
• verdonkering
• verduistering
Hiponiem:
• drukverligting
• gasverligting
• neonverligting
• pynverligting
• refleksverligting
• reklameverligting
• skuilverligting
• straatverligting
Afgelei:
• verligtingsaanleg
• verligtingsapparaat
• verligtingsbron
• verligtingsdeskundige
• verligtingsinstallasie
• verligtingsmiddel
• verligtingstoestel
• verligtingsvermoë
Vertaling:
Engels: alleviation, relief, comfort; lighting, illumination
Nederlands: verlichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|