bevind [boodskap #142232] |
Tue, 20 June 2023 13:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevind
Afbreking: be•vind
Samestelling: be- + vind
Werkwoord: bevind
Verlede tyd: het bevind
Betekenis:
• Om 'n bevinding te maak; ná 'n ondersoek tot 'n gevolgtrekking kom.
• Om êrens teenwoordig te wees.
Gebruik:
• Die regter het die man skuldig bevind.
• 'n Mens kan bid, ongeag van waar jy jouself bevind.
Sinoniem:
• oordeel
Afgelei:
• bevinding
Vertaling:
Engels: to discover, find, determine; to be located, find oneself
Nederlands: bevinden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|