sege [boodskap #142187] |
Sa, 17 Junie 2023 18:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sege
Afbreking: se•ge
Selfstandige naamwoord: sege
Meervoud: seges
Verkleinwoord: segetjie
Meervoud van verkleining: segetjies
Betekenis:
• 'n Oorwinning oor 'n vyand of teenstander.
Gebruik:
• Die Springbokspan se sege in die Wêreldbekertoernooi en die euforie wat daarop gevolg het sal nog lank onthou word.
Wisselvorm:
• seë
Sinoniem:
• oorwinning
• sukses
• triomf
Antoniem:
• nederlaag
Hiponiem:
• wegholsege
Afgelei:
• segekrans
• segekroon
• segelied
• segepraal
• segesang
• segeteken
• segetog
• segevier
• segevierend
Vertaling:
Engels: victory, triumph
Nederlands: zege
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|