Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geniepsig
geniepsig [boodskap #142186] Sa, 17 Junie 2023 17:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geniepsig
Afbreking: ge•niep•sig


Byvoeglike naamwoord: geniepsig
Vergrotende trap: geniepsiger
Oortreffende trap: geniepsigste
Attributief: geniepsige
Partitief: geniepsigs

Betekenis:
• Wat gemeen en agterbaks optree. Met die bedoeling om (skelm) af te knou of seer te maak.

Gebruik:
• Hy is kwaad vir sy maatjie en gee die hond 'n geniepsige skop.
• Die dae word korter en die aande geniepsig.

Sinoniem:
• afknouerig
• agterbaks
• bitsig
• kwetsend
• pynigend
• snydend
• venynig

Afgelei:
• geniepsigheid

Vertaling:
Engels: malicious, sneaky, cunning, sly
Nederlands: geniepig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slagplaas
Volgende onderwerp: sege
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 20:24:53 MGT 2024