gehaltetyd [boodskap #142174] |
Vr, 16 Junie 2023 19:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gehaltetyd
Afbreking: ge•hal•te•tyd
Samestelling: gehalte + tyd
Selfstandige naamwoord: gehaltetyd
Meervoud: gehaltetye
Betekenis:
• Die tyd wat 'n mens met onverdeelde aandag spandeer om 'n verhouding met iemand te versterk.
Gebruik:
• Maak tyd in jou besige skedule om gehaltetyd saam met jou gesin deur te bring.
Sinoniem:
• kwaliteitstyd
Vertaling:
Engels: quality time
Nederlands: kwaliteitstijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|