kunstenares [boodskap #142161] |
Fri, 16 June 2023 08:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20926 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kunstenares
Afbreking: kuns•te•na•res
Samestelling: kunstenaar + -es
Selfstandige naamwoord: kunstenares
Meervoud: kunstenaresse
Verkleinwoord: kunstenaressie
Meervoud van verkleining: kunstenaressies
Betekenis:
• 'n Vroulike kunstenaar (soos 'n aktrise, beeldhouster, skryfster, skilderes, ens.)
Gebruik:
• Irma Stern was 'n Suid-Afrikaanse kunstenares wat talle gesogte skilderye geskilder het.
Antoniem:
• kunstenaar (manlik of neutraal)
Vertaling:
Engels: femail artist
Nederlands: kunstenares
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|