glasbuis [boodskap #142147] |
Thu, 15 June 2023 07:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glasbuis
Afbreking: glas•buis
Samestelling: glas + buis
Selfstandige naamwoord: glasbuis
Meervoud: glasbuise
Verkleinwoord: glasbuisie
Meervoud van verkleining: glasbuisies
Betekenis:
• 'n Hol, deursigtige pyp (buis) van glas.
Gebruik:
• 'n Buret is 'n glasbuis met afmetings en 'n kraan aan die onderkant waarmee 'n spesifieke hoeveelheid vloeistof afgemeet word.
Hiponiem:
• ampul
• buret
• pipet
• proefbuis
• retort
Vertaling:
Engels: glass tube
Nederlands: glazen buis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|