Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stip
stip [boodskap #142134] Di, 13 Junie 2023 13:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stip
Afbreking: stip


Byvoeglike naamwoord: stip
Vergrotende trap: stipter
Oortreffende trap: stipste
Attributief: stipte

Betekenis:
• Noukeurig; sorgvuldig; nougeset.
• Op tyd; presies.
• Reguit en strak.

Gebruik:
• Het jy die opdrag stip uitgevoer?
• Ek verwag stipte aflewering.
• Sy het my stip aangekyk.

Afgelei:
• stiptheid

Vertaling:
Engels: punctual, precise, accurate
Nederlands: stip


Selfstandige naamwoord: stip
Meervoud: stippe
Verkleinwoord: stippie
Meervoud van verkleining: stippies

Betekenis:
• 'n Klein kolletjie of vlekkie.

Gebruik:
• Die Son word met die simbool ☉ voorgestel, 'n sirkel met 'n stip in die middel.
• Die rooi paddastoel is vol wit stippe.

Sinoniem:
• dotjie
• kolletjie
• merkie
• puntjie
• stippel
• vlekkie

Afgelei:
• aanstip
• tydstip

Vertaling:
Engels: point, period, spot, dot
Nederlands: stip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ryskool
Volgende onderwerp: laks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 01:21:30 MGT 2024