opsie [boodskap #142126] |
Mon, 12 June 2023 19:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsie
Afbreking: op•sie
Selfstandige naamwoord: opsie
Meervoud: opsies
Betekenis:
• Een van verskeie keuses wat gemaak kan word.
• (ekonomie) 'n Kontrak wat iemand die reg gee om iets binne 'n bepaalde tyd teen 'n bepaalde prys te koop.
Gebruik:
• Watter opsie kies jy? Aftrede is nie vir my 'n opsie nie.
• Ek het tot die einde van die maand 'n opsie op die huis.
Sinoniem:
• alternatief
• keuse
• seleksie
Afgelei:
• aandeleopsie
Vertaling:
Engels: option, choice; option
Nederlands: optie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|