aanmeld [boodskap #142108] |
So, 11 Junie 2023 09:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanmeld
Afbreking: aan•meld
Samestelling: aan + meld
Werkwoord: meld aan, aanmeld
Verlede tyd: het aangemeld
Betekenis:
• Om te sê jy is hier.
• Om inligting bekend te maak; 'n voorval rapporteer.
• (rekenaars) Om op 'n stelsel aan te teken.
Gebruik:
• Jy kan by die toonbank aanmeld.
• Sy het die insident by die polisie aangemeld.
• U moet aanmeld alvorens u boodskappe op die forum kan pos.
Sinoniem:
• aangee
• bekendmaak
• rapporteer
• aanlog
• aanteken
• inteken
Antoniem:
• afmeld
Afgelei:
• aanmeldbaar
• aanmelder
• aanmelding
• aanmeldkantoor
Vertaling:
Engels: to announce arrival; to report, come forward; to log on, sign on
Nederlands: aanmelden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|