heers [boodskap #142099] |
Sa, 10 Junie 2023 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heers
Afbreking: heers
Werkwoord: heers
Verlede tyd: het geheers
Teenwoordige deelwoord: heersend, heersende
Betekenis:
• Om mag uit te oefen; die septer swaai; gesag voer; baas wees.
• Om aanwesig te wees; wat aangetref word.
Gebruik:
• Ondergeskiktes heers nou oor ons, en niemand kan ons uit hulle mag red nie. [Klaagliedere 5:8]
• Daar heers wanorde in die klaskamer. Daar heers stilte in die kerk.
Sinoniem:
• bestuur
• domineer
• regeer
• voorkom
Afgelei:
• beheers
• heersend
• heerser
• heerskaar
• heerskap
• heerskappy
• oorheers
Vertaling:
Engels: to govern, rule, control, reign; to prevail
Nederlands: heersen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|