aambei [boodskap #142092] |
Sa, 10 Junie 2023 09:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aambei
Afbreking: aam•bei
Selfstandige naamwoord: aambei
Meervoud: aambeie
Verkleinwoord: aambeitjie
Meervoud van verkleining: aambeitjies
Betekenis:
• 'n Knobbel in die anus of endelderm, veroorsaak deur die opswelling van are, wat brand, jeuk of anale bloeding veroorsaak.
Gebruik:
• Bykans een uit elke drie mense ly in een of ander stadium van hulle lewe aan aambeie.
Sinoniem:
• hemorroïde
• hemorroïed
Afgelei:
• aambeibos
Vertaling:
Engels: piles, haemorrhoids, hemorrhoids
Nederlands: aambei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|