Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vorder
vorder [boodskap #142090] Fri, 09 June 2023 20:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vorder
Afbreking: vor•der


Werkwoord: vorder
Verlede tyd: het gevorder

Betekenis:
• Om vooruitgang te maak.
• Om iets van iemand te eis.

Gebruik:
• Die bouwerk vorder fluks.
• Wie gaan die kollekte vorder?

Spreekwoord:
• Met stampe en stote vorder. [Met moeite vooruitgaan.]

Sinoniem:
• aansukkel
• voortswoeg
• vooruitgaan
• insamel
• opeis

Afgelei:
• bevorder
• invorder
• terugvorder
• vergevorder
• vorderbaar
• vordering

Vertaling:
Engels: to get on, make progress; to ask for, demand
Nederlands: vorderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slagveld
Volgende onderwerp: voorste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 10:08:49 UTC 2024